Hierdie 8.8 hektaar kleinhoewe, geleë naby Potchefstroom, bied uitstekende potensiaal vir kleinskaalse boerdery, met 3.15 ha ingelyste water wat dit ideaal maak vir die aanplant van lusern of groente.
Die eiendom is in ’n goeie en gevestigde landelike area geleë en is perfek geskik vir iemand wat wil boer, maar steeds in die dorp wil werk. Die Mooirivier vorm deel van een van die onderste grenslyne, en die pragtige tuin word verder verfraai deur ongeveer 100 roosbome.
Ligging
• Slegs 25 km vanaf Potchefstroom
• Ongeveer 2 km grondpad
• 40 km vanaf Klerksdorp
Lande en Kampe
• 5.5 ha bewerkbare grond
• 2 kampe (een groot en een kleiner)
• Verskeidenheid vrugtebome
Watervoorsiening
• 2 boorgate, waarvan een toegerus is met ’n tenk op ’n stander, gefiltreer vir menslike en dierlike gebruik
• Sementdam met besproeiingsmoontlikhede
• Sproeiers reeds geïnstalleer op die grasperk rondom die huis
• 3.15 ha ingelyste kanaalwater
Kragvoorsiening
• Eskom 3-fase krag beskikbaar (kan weer heraangeskakel word)
• Eiendom funksioneer tans 100% op sonkrag
• Kragopwekker ingesluit vir bystand
Woonhuis en Buitegeboue
• 2 leefareas, waarvan een met ’n kaggel
• Eetkamer
• Ruim kombuis met inloopspens
• Groot badkamer met waskamer
• 4 slaapkamers
• 2.5 badkamers (bad en stort in elke badkamer, plus aparte toilet)
• Diefwering en gaas by alle vensters
• 3 motorhuise (dubbelmotorhuis met twee groot stoorkamers agter)
• 6 x 30 stoor met verskeie afdelings
• 2 werkershuise
Addisionele Inligting
• Gewone hereregte-transaksie
Moenie hierdie unieke geleentheid laat verbygaan nie. Hierdie kleinhoewe bied ’n ideale balans tussen landelike rustigheid en praktiese toegang tot omliggende dorpe, met uitstekende boerdery- en leefpotensiaal.